Trump vra dat 6 Januarie-verhoor tot 2026 uitgestel word

Oudpresident Donald Trump het die distriksregter Tanya Chutkan in Washington gevra om spesiale raadgewer Jack Smith se voorstel te verwerp dat sy verkiesingsverhoor in Januarie volgende jaar aangehoor word. Trump loop tans voor in die wedloop om as Republikeinse presidentskandidaat gekies te word. Hy het op 3 Augustus in Washington onskuldig gepleit op aanklagte dat hy die 2020-verkiesingsuitslag wou omkeer, veral met die gebeure van 6 Januarie 2021. Trump het die regter gevra om eerder die jurie se verkiesing en die verhoor tot April 2026 uit te stel.