Stygende brandstofpryse in September se impak sal uitbrei
Brandstofpryse sal na verwagting plaaslik in September styg met die swak wisselkoers van die Suid-Afrikaanse rand teen die Amerikaanse dollar en besnoeiings deur Saoedi-Arabië. Die bekende Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Intussen sê die Suid-Afrikaanse Automobiel-Assosiasie daar is ‘n verwagte styging van 2 rand 60 sent per liter in die dieselprys en 1 rand 40 sent per liter in die petrolprys. Die assosiasie se woordvoerder, Layton Beard, sê die verhogings sal aansienlike druk op alle dieselverbruikers plaas, veral op groot verbruikers binne die landbou-, kleinhandel-, vervaardigings- en verspreidingsektore: