Amarika Boerekoöperasie kry sy eie slaghuis op Outapi

Die landbouminister Calle Schlettwein het vandag die slaghuis van Amarika Boerekoöperasie by Outapi in die Omusati-streek geopen. Die minister het gesê dit was ‘n droom van Amarika om ‘n volhoubare waardeketting te vestig vir die vee wat hulle produseer en hierdie droom het nou ‘n werklikheid geword. Schlettwein het verder die Boerekoöperasie aangespoor om meer kennis rakende kommersiële veeproduksie in te samel om voort te gaan om vleis op ‘n volhoubare manier aan die twee slaghuise te verskaf.