IPC vaar uit oor GBV-kursus vir LP-gades
Die Independent Patriots for Change het sy reaksie gegee op berigte dat die Nasionale Vergadering se vyfdag-kursus vir gades van LP’s op geslagsgeweld sal fokus. Die kursus wat blykbaar etiket vir LP’s se gades sal leer, sal die belastingbetaler 189 000 Namibiese dollar uit die sak jaag. Volgens plaaslike berigte, het die sekretaris van die Nasionale Raad Tousy Namiseb bevestig dat die werkswinkel ten doel het om ‘n vreedsame atmosfeer te skep deur geslagsgeweld teen LP’s te verhoed. Die ure wat veral vroulike LP’s werk, maak hulle glo kwesbaar vir geslagsgeweld. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-woordvoerder Imms Nashinge gesels wat meer bekommerd is oor die lot van polisiebeamptes en verpleegsters.