GOAN: Wapen-amnestiemaand suksesvol

Die Namibiese polisie het aangekondig dat September weer Amnestie-maand is vir die inhandiging van onwettige wapens en ammunisie, maar die vraag ontstaan of sulke veldtogte gewapende misdaad bekamp of verminder. Ingevolge die wet mag geen persoon wat onwettige ammunisie of wapens by die polisie inhandig, vervolg word nie. Daar is toenemend uitdagings met wapens wat tydens huis-inbrake en plaas-aanvalle gesteel word. Kallie Venzke van die Wapen-eienaarsvereniging van Namibië, bekend as GOAN, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels of hierdie veldtogte wel suksesvol is.