ANC nie bekommerd oor Veelparty-handves
Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die regerende party is nie bekommerd oor die nuutgevormde Veelparty-handves vir Suid-Afrika nie. Sewe opposisiepartye wat tans in Kempton Park aan die Oos-Rand vergader het ooreengekom op die handves, met die doel om die ANC tydens aanstaande jaar se verkiesing uit die kussings te lig en die EFF uit die regering te hou. Bhengu-Motsiri sê die ANC se fokus is daarop om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter.