Oscar wend hom tot hoogste hof vir parool
Die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, wil hê die Konstitusionele Hof moet sy geskiktheid vir parool uitklaar nadat dit onlangs van die hand gewys is. Hy versoek die hof om die beweerde algehele verwarring uit te klaar wat die Appèhof veroorsaak het rondom die begin van sy vonnis vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp. Pistorius se prokureur, Julian Knight, voer aan ‘n bykomende 16 maande is nie in ag geneem nie. Pistorius sê sy voortgesette aanhouding maak inbreuk op sy fundamentele regte, en die tyd wat hy uitgedien het, kwalifiseer hom vir vroeë vrylating.Die bekende Suid-Afrikaanse forensiese kriminoloog, Pixie du Toit, het destyds aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Oscar se regspan vir appèl kan aansoek doen.