Schlettwein waarsku weer teen vandalisme van water-infrastruktuur

Die landbouminister, Calle Schlettwein, het weer gemeenskappe in landelike gebiede gevra om water-infrastruktuur te beskerm. Sy aanmerkings kom na meer as 180 miljoen Namibiese dollar in verskeie streke deur die regering op water infrastruktuur vir kommunale boere en gemeenskappe bestee is. Vandalisme van die toerusting is algemeen en in sommige gevalle, word dit in ‘n kwessie van ‘n week gesteel of aspris gebreek.