Kaapstad se kringtelevisie help verdagtes aankeer

Die Stad Kaapstad sê sy verkeersdiens, metropolisie en wetstoepassings-departemente het 175 verdagtes aangekeer vir verskeie misdrywe, en 13 743 boetes uitgereik tydens weeklikse operasies. Die metropolisie se kringtelevisiebeheerkamer het verskeie misdaadvoorvalle uitgewys wat daartoe gelei het dat minstens ses verdagtes in hegtenis geneem is. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê tydens weeklikse operasies het verkeersbeamptes alleen 11 980 boetes uitgereik.