Ekonoom sê BoN sal repokoers onveranderd hou
Die makelaarsfirma Simonis Storm voorspel dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers nog een keer vanjaar met 25 basispunte, na 8,5 sal opstoot. Die Bank van Namibië maak die week Woensdag sy jongste repokoers bekend. Op die oomblik staan dit op 7,75 persent met inflasie wat baie laer ingekom het op 4,5 persent vir Julie. Kosmos 94.1 nuus het met Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, gesels. Hy meen die koers sal Woensdag onveranderd gelaat word.