SA se kragkrisis: Minister sê opwekking het verbeter
Die buurland se elektrisiteitsminister Kgosientsho Ramokgopa, sê daar is ‘n aansienlike verbetering in opwekking, wat gelei het tot die normalisering van beskikbare kapasiteit. Hy het die jongste inligting bekendgemaak oor die instelling van die Energie-aksieplan en die weeklikse vooruitsig vir energie-opwekking gegee. Die minister sê met Eskom se opwekkingskapasiteit wat verbeter, werk die kragvoorsiener terselfdertyd ook aan die langtermyn volhoubaarheid en betroubaarheid van eenhede, wat beplande onderbrekings kan insluit:
Intussen sê Eskom se hoof van opwekking, Bheki Nxumalo, dit bly ‘n prioriteit om kragstasies wat onderpresteer te verbeter en die kwessie van gebreekte eenhede aan te spreek: