Sewe beroof Chinese burgers van N$200 000 in kontantAugust 14, 2023

Die Namibiese polisie sê twee Chinese burgers is saam met twee Namibiërs van 200 000 Namibiese dollar in kontant beroof. Die voorval het naby ‘n gastehuis op Otjiwarongo plaasgevind. Sewe gewapende verdagtes het die vier mans se bakkie met klippe bestook kort na die fondse by ‘n bank op die dorp getrek is. Die bakkie se agterruit is gebreek en die verdagtes het die sak met die kontant gegryp. Een van die Chinese burgers is beseer toe hy probeer om te keer en die rowers hom met klippe bestook het. Die verdagtes het in die rigting van die hoofstad gevlug. Die ondersoek duur voort.