Vraag na huur-eiendomme plaaslik ook hoog, situasie bly benardAugust 14, 2023
Nes in Suid-Afrika, is daar ‘n toename in vraag na huur-eiendomme in Namibië. Volgens die jongste TPN Residential Rental Monitor Report in Suid-Afrika het die vraag na huureiendomme toegeneem. Die hoof van TPN Industry, Waldo Marcus, sê die buurland se huishoudelike huurmark het ‘n oplewing getoon vandat die Covid-19 inperkings opgehef is. Marcus maan egter eienaars van eiendomme om seker te maak dat hulle huurders ‘n goeie kredietrekord het. Kosmos 94.1 Nuus het met Hillie Petrus, hoof-agent by Peuyoshinge Properties, gesels en sy meen die stand van sake is plaaslik ook benard.