Meer as 2 000 Russe ontruim oor tropiese storm Khanun
Rusland het meer as 2 000 mense ontruim nadat die tropiese storm Khanun oorstromings veroorsaak het in die verre-ooste van die land. Die ministerie vir noodtoestande sê byna 5 000 geboue is oorstroom in die gebied wat grens aan China en Noord-Korea. Reddingswerkers het 13 tydelike verblyfsentrums beskikbaar gestel. Khanun het Japan verlede week geteister voordat dit die Koreaanse skiereiland getref het. Die storm het ook die ontruiming genoodsaak van tien-duisende verkenners uit ‘n kampeerterrein in Suid-Korea.