Hoogtyd dat minister onwettige visvang aanspreek, self sien
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die minister van visserye en mariene hulpbronne, Derek Klazen, wat ‘n beroep gedoen het op samewerking van alle belanghebbendes om onwettige visvang in die noordoostelike riviere te bekamp. Klazen was op ‘n besoek in die Zambezi-streek waar reuse-uitdagings met onwettige visvang in die gesig gestaar word. Die minister het die gemeenskappe geloof vir hul onwrikbare toewyding om hul natuurlike hulpbronne te bewaar en die riviere teen te beveilig. Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavango-rivier, wat self daagliks onwettige nette en meer uit die river moet verwyder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dit was hoogtyd dat die minister self kom ondersoek instel.