Jason Mamoa help met Hawaii-brandramp
Die Hollywood-ster Jason Momoa, wat in Honolulu gebore is, is verpletter oor die dodelike brande op die Hawaiise eiland Maui. Die dodetal het tot minstens 67 gestyg, terwyl daar van sowat ‘n duisend mense nie rekenskap gegee word nie. Momoa het inligting op sy Instagram-rekening aangestuur van organisasies wat hulp verleen, insluitend ‘n opspoorder-lys vir mense wat na geliefdes soek. Mense word ook aangeraai om nie hotel-verblyf te bespreek nie, want dit word gebruik om ontwortelde inwoners te huisves. Meer as 1 700 geboue op die geskiedkundige dorp Lahaina is verwoes.