IUM gesels oor nuwe Russiese vennootskappe
Namibië se International University of Management het onlangs samewerkings-ooreenkomste met twee Russiese universiteite, Perm State Humanitarian Pedagogical University en Biotechnological University, onderteken. Die doel is om saam te werk aan verskeie opvoedkundige programme en projekte, insluitend die stigting van die Sentrum vir Ope Onderwys in Russies by die universiteit. Die Namibiese universiteit en die People’s Friendship University of Russia het in 2018 ‘n sentrum vir Russiese taal en voorgraadse studies by die universiteit in die hoofstad begin. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. David Namwandi, die stigter van die instansie, sê die projek vorder goed.