Dua Lipa sal in hof moet antwoord oor Levitating
‘n Federale regter in Manhattan sê die Britse popster Dua Lipa sal moet antwoord gee in ‘n hofsaak waar sy gedagvaar word vir kopieregskending in verband met haar 2021 treffer Levitating. Die hof het toestemming gegee dat liedjieskrywers L. Russell Brown en Sandy Linzer kan poog om die ooreenkomste tussen haar liedjie en hulle 1979 disco-treffer Wiggle and Giggle All Night te bewys. Die twee beweer dat veral die begin van die lied wel hulle treffer namaak. Dagvaardigings vir kopieregskending raak al hoe meer algemeen maar, is moeilik om te wen.