Uutoni moet uit sy swart Mercedes klim en kyk hoe lewe die gepeupel
Die LPM-raadslid Sade Gawanas het uitgevaar teen die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni wat 3 000 Namibiese dollar aan Gibeon vir die huidige boekjaar begroot het. Hy sê die dorpsraad het geen ontwikkelingsplanne ingedien nie en gee jaar op jaar geld terug wat nie bestee is nie. Gawanas sê dis tyd dat die minister uit sy swart Mercedes klim en kyk hoe die gepeupel lewe.