Valk laat val slang op vrou, albei val haar aan
’n 46-jarige vrou van Texas is terselfdertyd deur ’n valk en ’n slang aangeval nadat die voël die slang per ongeluk op haar laat val het. Peggy Jones was besig om haar gras te sny toe ‘n verbygaande valk die slang laat val het voordat hy omgedraai het om sy maaltyd terug te kry. Die slang het homself om haar arm gevou en die voël het sy kloue diep in haar arm laat sak. Die voël het uiteindelik sy maaltyd teruggekry, maar het Jones met snye en kneuse op haar arm en gesig gelaat. Dit is nie bekend watter soort slang die valk beetgehad het nie.