China se uitvoere krimp verder

China se verbruikersektor het in deflasie ingesink met  pryse wat verder in Julie gedaal het. Beijing sukkel om vraag te laat herleef en die ekonomie sukkel steeds. Daar is groot kommer dat die land in die sogenaamde verlore dekade kan inbeweeg soos Japan wat vir tien jaar ‘n totale stilstand in lone en verbruikerspryse ervaar het. Die land sukkel om te herstel na die pandemie en verskeie beleide het tot dusver misluk.