Taxi-geweld wek kommer by parlementslede
Die voorsittende amptenare van die Suid-Afrikaanse parlement is diep besorg en verontrus oor die voortslepende taxi-staking in die Wes-Kaap. Die staking het sedert Donderdag gelei tot grootskaalse geweld, die sluiting van paaie en die beskadiging van voertuie, veral in Kaapstad. Hulle betuig hulle medelye met die families van slagoffers en vra vir ‘n dringende, vreedsame oplossing tussen die Stad Kaapstad en die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies Amos Masondo, pleit by alle betogers om die oppergesag van die reg te respekteer: