Sokker: Kwarteindrondes vir Wêreldbeker gefinaliseer
Sokker: Frankryk het Marokko met 4-0 geklop, om hulle plek in die kwarteindronde van die Wêreldbeker vir vroue in Australië en Nieu-Seeland te bespreek. Hulle sluit by Colombië onder die laaste agt aan, wat vanoggend met 1-0 teen Jamaika gewen het. Dit is die eerste keer wat Colombië so ver in die toernooi kon vorder. Die kwarteindronde-rooster is nou gefinaliseer: Vrydag speel Spanje teen Nederland in die eerste kwart-eindstryd, waarna Japan en Swede mekaar pak. Saterdagoggend speel die gasheer Australië teen Frankryk, en Saterdagmiddag is dit Engeland teen Colombië.