NamRA en kunstenaars vergader oor belastingkwessies
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het vandag ‘n inligtingsessie gehou met alle kreatiewe Namibiërs, insluitend kunstenaars, kurators, vervaardigers en promotors. Die geleentheid is by die Nasionale Teater van Namibië in die hoofstad gehou met die doel om samewerking te bevorder en belangrike sake aan te spreek wat met belasting, doeane en aksyns verband hou. Die direkteur van kuns in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Mkariko Amagulu het tydens die geleentheid gesê sy het voorbereid gekom met antwoorde op vrae van kunstenaars.