Uutoni gee nie duidelike antwoord oor Gibeon se N$3 000 nie – LPM

Die LPM hou vol dat die begroting van 3 000 Namibiese dollar wat deur die ministerie van stedelike ontwikkeling aan Gibeon toegeken is, onredelik is en die party sê die minister Erastus Uutoni se verduideliking is nie goed genoeg nie. Hy sê die begroting het niks te make met politieke verskille nie en word bepaal deur die aktiwiteite van die plaaslike owerheid. Gibeon het in vorige jare herhaaldelik versuim om die fondse wat aan hom toegeken is, te gebruik. Die dorpsraad het ook geen planne vir die boekjaar ingedien nie, ook nie vir ontwikkeling nie. Die LPM se woordvoerder, Lifalaza Simataa, het die party se reaksie so verwoord.