Amerikaners uitgeskakel by wêreldbeker
Megan Rapinoe van Amerika sê dis moeilik om te aanvaar hulle is uitgeskakel by die Vroue-wêreldbeker. Die verdedigende wêreldkampioene het op dramatiese wyse met vyf-vier op strafskoppe teen Swede verloor ná ‘n nul-elk gelykopstryd in die kwarteindronde in Melbourne. Dis die eerste keer dat Amerika voor die halfeindronde by ‘n Wêreldbeker uitgeskakel word. Die 38-jarige Rapinoe wat nou uittree, sê daar is baie waarop die span kan trots wees, onder andere hulle stryd om gelyke betaling: