Zama-zamas skiet op polisie tydens klopjag
Die Stad Johannesburg se burgemeesters-komiteelid vir openbare veiligheid, Mgcini Tshwaku, sê hulle kan nie terugsit en toelaat dat zama-zamas die wet oortree nie en hulle gaan beslissend teen die onwettige myners optree. Tshwaku het die gemeenskap van Riverlea en omliggende gebiede besoek na ‘n onlangse skietvoorval waarby onwettige myners betrokke was. Tydens die besoek het die Johannesburgsde metropolisie ná ‘n wenk ‘n klopjag by ‘n ou myn in Stormhill uitgevoer en daar is op hulle geskiet.