Rusland teiken bloedoortappingsentrum in Kupiansk
Die President van Oekraïne Volodimyr Zelensky sê Rusland het ‘n bomaanval geloods op ‘n bloedoortappingsentrum in die noord-oostelike stad Kupiansk. Hy sê ‘n aantal mense is dood en gewond in die aanval. Zelensky het die aanval veroordeel en dit as ‘n oorlogsmisdaad bestempel. Dit is nie duidelik hoeveel mense dood of beseer is nie. Die Russiese lugmag maak gereeld van bomme gebruik om sy teikens van ‘n afstand af aan te val, om sy vliegtuie teen blootstelling in Oekraïne se lugruim te beskerm. Oekraïne gebruik ook langafstand wapens soos missiele en hommeltuie, om strategiese teikens in Rusland te tref.