Rugby: Bokke klop Pumas ná swak eerste helfte

Rugby: Die Springbokke het na ‘n swak eerste helfte gisteraand herstel om hulle agtste agtereenvolgende oorwinning oor Argentinië in ‘n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd in Buenos Aires te behaal.  Hulle het teen rustyd ‘n agterstand van 10-3 gehad en verskeie kanse vir drieë deur hulle vingers laat glip, strafskoppe verbrou en ‘n geelkaart afgestaan. In die tweede helfte het die Bokke hulle reggeruk en twee vinnige drieë aangeteken om ‘n sege van 24-13 te behaal.  Hulle kom op 19 Augustus in hul voorlaaste opwarmingswedstryd teen Wallis in Cardiff te staan.