Amerika keur tablet teen nageboortelike depressie goed

Die Amerikaanse voedsel- en medisyne administrasie het medisyne vir die behandeling van nageboortelike depressie goedgekeur. Volgens die organisasie geld die goedkeuring vir medisyne in die vorm van ‘n tablet, wat een keer per dag vir twee weke geneem kan word. Tot dusver was die enigste goedgekeurde behandeling vir die siektetoestand ‘n inspuiting. Volgens farmaseutiese vervaardigers, sal die medisyne later vanjaar nog in Amerika beskikbaar wees.