Agribank loof Akkerbouraad oor invoerbeheer

Agribank het sy reaksie gegee op die Namibiese Akkerbouraad wat die beskikbaarheid en invoer van witmielies in die land ondersoek. Die grens vir die invoer van witmielies sal oopgemaak word sodra al die plaaslik geproduseerde witmielies deur meulenaars gekoop is en hul graanvoorraad drie weke of minder is. Volgens berigte sal die grens waarskynlik teen 14 Augustus oopmaak. Produsente in spesifieke streke het tot 11 Augustus om hul mielies aan meulenaars te bemark. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, gesels…