Green Peace drapeer Sunak se huis in swart
Betogers van Green Peace het die privaat woning van die Britse eerste minister, Rishi Sunak met swart materiaal drapeer. Hulle betoog teen sy regering se energiebeleid. Foto’s wat Green Peace in die Verenigde Koninkryk op die sosialemediaplatform X, voorheen bekend as Twitter, geplaas het, toon dat vier betogers bo-op die dak van sy huis was, terwyl twee ander ‘n banier vashou. ‘n Woordvoerder van sy kantoor sê intussen Sunak sal nie om verskoning vra omdat hy nuwe planne vir olie- en gas eksplorasie steun nie.