Malema gaan aanhou ‘Kill the Boer’ sing
EFF-leier, Julius Malema, onderneem om voort te gaan om Kill the Boer te dreunsing, aangesien die gelykheidshof beslis het dit is nie haatspraak nie. Voor die inligtingsessie vroeër vandag by Winnie Madikizela Mandela-huis in Johannesburg, was Vuyani Pambo en Dlamini Marshall van die EFF, handgemeen met ʼn groep witmense wat deel wou wees van die inligtingsessie. Politieke partye beskuldig Malema daarvan dat hy geweld aanhits. Malema hou vol die hofbeslissing moet gerespekteer word en diegene wat daarteen appèl aangeteken het, moet dit in die hof die stryd aansê.