CCF erken jagluiperds het uitdagings in Indië

Daar is kritiek uit verskeie oorde dat die verskuiwing van jagluiperds uit Namibië en Suid-Afrika na Indië onsuksesvol is. Nog ‘n jagluiperd wat van Namibië na Indië verskuif is, is vanoggend dood in Madhya Pradesh se Kuno Nasionale Park gevind. Dit bring die dodetal van jagluiperds in die park tot nege te staan. Daar word vermoed dat die jagluiperd weens septisemie as gevolg van velwonde dood is, maar dit sal bevestig word na ‘n nadoodse ondersoek. ‘n Totaal van agt jagluiperds uit Namibië en 12 uit Suid-Afrika is verlede jaar na die park verskuif. Dit volg na agt jagluiperds, waarvan een volwassene en drie welpies uit Namibië dood is. Die ander sterftes was Suid-Afrikaanse volwasse jagluiperds. Dr Laurie Marker, die stigter van die Cheetah Conservation Fund, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat hierdie katte in die gesig staar…

Sy sê nóg jagluiperds sal in die toekoms na Indië verskuif sal word…