Nampol vermoed organe word in rituele gebruik

Die polisie in die Oshana-streek het longe, swart kouse, ‘n wit laken en ‘n T-hemp gevind wat naby die Ongwediva-begraafplaas begrawe was. Die polisie het die vlak graf by Omatando 1 opgegrawe nadat hulle berigte van die gemeenskap ontvang het oor verdagte aktiwiteite by die bosse naby die begraafplaas. Volgens Nampol in Oshana het ‘n soortgelyke voorval verlede week plaasgevind toe nog ‘n vlak graf met ‘n hart en long deur die polisie ontdek is. Die longe en hart is na die polisielykshuis geneem vir ondersoek om te bepaal of dié organe aan ‘n dier of ‘n mens behoort. Die bevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bevestig die organe behoort aan ‘n dier, maar die jongste voorval word nog ondersoek.

Hy voeg by dit blyk ‘n soort ritueel te wees en daar is geen berigte van ‘n vermiste persoon nie…