Brics kan ‘n impak op kunsmis-beskikbaarheid hê
Die besigheidsrade van die Brics-groepering het bymekaargekom om ‘n reeks prioriteite vir die jaar te bespreek. Een van die kwessies binne die agrisake-werkgroep was die beskikbaarheid van kunsmis, met ‘n klem om verbeterde toegang en pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels oor die moontlike impak wat dit plaaslik kan hê. Hy sê die Brics-groepering kan ‘n noemenswaardige verskil maak in die gebied.