Beweging vra hof om Phala Phala-verslag ter syde te stel

Die African Transformation Movement het ‘n aansoek by die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka se Phala-Phala-verslag te hersien en tersyde te stel. Sy het President Cyril Ramaphosa in Junie vrygespreek van enige oortreding in die beweerde diefstal van geld by sy wildplaas in Limpopo in 2020. Die leier van die beweging, Vuyo Zungula, sê hulle wil hê die hof moet drie paragrawe in Gcaleka se verslag as strydig met die Grondwet, en dus ongeldig verklaar: