Man-U verleng Adidas-ooreenkoms teen N$19 miljard
Manchester United het sy vennootskap met die amptelike uitrustingverskaffer, Adidas, met nog tien jaar vir 19 miljard Namibiese dollar verleng. Die nuwe ooreenkoms kom voor die aanvang van die nuwe Premierliga vir 2023/2024 wat dié maand afskop en in Junie 2035 eindig. Die nuwe ooreenkoms het ʼn minimum kontantwaarborg van 20 miljoen Namibiese dollar en sluit ʼn klousule in waarvolgens die jaarlikse betalings met 30 persent van die toepaslike bedrag verminder sou die klub vir twee of meer opeenvolgende jare nie in die kampioeneliga speel nie.