Mashatile herhaal hy was nie in motor nie, hof gee vandag uitspraak

Die buurland se adjunk-president Paul Mashatile het herhaal hy was nie in die motor toe lede van sy beskermingseenheid drie mense op die N1 in Johannesburg aangerand het nie. Die Randburgse landdroshof gee vandag uitspraak oor die borgaansoek van die agt lede van die BBP-beskermingseenheid. Hulle staar 12 aanklagte in die gesig, insluitend die rig van ‘n vuurwapen, roekelose en nalatige bestuur, en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Mashatile sê lede van die beskermingseenheid moet die wet te alle tye gehoorsaam: