Onwettige visvang vereis ook dringende aandag – ministerie

Onwettige visvang hou steeds ‘n beduidende bedreiging in vir beskermde gebiede, veral nasionale parke in die Zambezi-streek. Romeo Muyunda, woordvoerder in die omgewingsministerie sê hoewel renoster- en olifantstropery ‘n landwye bekommernis is, eis die uitputting van vis in nasionale parke weens onwettige visvang onmiddellike optrede. Terwyl inwoners ook by hierdie aktiwiteite betrokke is, is daar veral kommer oor buitelandse burgers wat Namibië vir hierdie doel binnekom. Verskeie operasies is saam met die polisie gehou met redelike suksesse wat behaal is maar, die probleem duur steeds voort. Benewens onwettige visvang, worstel die streek met ander onwettige aktiwiteite, insluitend onwettige kap van hout in staatsbeheerde woude en stropery van olifante.