Rusland dreig vaartuie in Swartsee

Die Oekraïnse president se stafhoof, Andrii Yermak, het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om wat hy noem terreur-taktiek deur Rusland te veroordeel. Volgens Yermak dreig Rusland burgerlike vaartuie in die Swartsee. Dit volg op die onlangse kansellasie van die Swartsee-graanooreenkoms deur Rusland, wat Oekraïne toegelaat het om sy graan veilig uit te voer. Die kansellasie van die ooreenkoms het aansienlike nagevolge vir Oekraïne se landbousektor. Yermak sê Russiese oorlogskepe wat burgerlikes in die Swartsee bedreig, is ‘n oortreding van internasionale maritieme wetgewing.