Saftu vergader oor buurland se taxibedryf

Die buurland se vakbondfederasie Saftu sal met die minister van arbeid, Thulas Nxesi, vergader om tasbare oplossings te vind rakende werkers in die minibustaxi- en e-taxibedryf. Die woordvoerder, Trevor Shaku, sê die agenda sal ook besprekings rondom die Uitgebreide Openbare Werke-program dek. Hy sê die vergadering sal aandag vestig op die lot van werknemers, veral inaggenome onlangse voorvalle tussen e-taxidienste en die minibustaxibedryf: