DA: Gautengse premier verleng e-tol-kontrak
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het die provinsie se inwoners mislei om te dink die e-tol-stelsel is geskrap terwyl die kontrak met nog ses maande verleng is. Dit beteken motoriste sal tot Desember aanhou betaal vir hierdie ongewenste stelsel. Die DA-lid, Fred Nel, sê inwoners sukkel om die pot aan die kook te hou weens die hoë lewenskoste. Hy sê om voort te gaan om vir e-tol te betaal, sal die situasie vererger.