Pres. Geingob weer in hospitaal opgeneem
President Hage Geingob is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem vir ‘n opvolg-prosedure na ‘n aortaklep-prosedure wat hy op 8 Junie ondergaan het. Die Presidensie het in ‘n mediaverklaring vanmiddag bevestig dit gaan goed met Geingob en hy sal môre uit die hospitaal ontslaan word. Die President sal sy amptelike pligte volgende Woensdag hervat. Geingob word op 3 Augustus 82 jaar oud.