Kombat se hervatting nie net goed vir mynwese nie, maar ook landelike ekonomie
Kombat is sedert 2008, toe die myn oorstroom het, vir die eerste keer weer in produksie na Trigon Metals se eerste skietwerk, 10 000 ton erts losgeskiet het. Die myn het in sy geskiedenis gereeld die nuus gehaal met veral die gewelddadige stakings van die laat 80’s. Die deurwinterede ekonoom, dr. John Steytler sê dit is uiters belangrik dat Kombat weer operasioneel is, veral vir die landelike ekonomie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.