Joernalis Jani Allen (70) sterf aan kanker
Die welbekende en omstrede Suid-Afrikaanse joernalis, omroeper en rubriekskrywer, Jani Allen, is op die ouderdom van 70 aan kanker oorlede. Sy het vir publikasies soos Sunday Times gewerk en was in die nuus oor ʼn beweerde verhouding met die leier van die Afrikaner Weerstandsbeweging, Eugène Terre’Blanche. Allan het oorsee verhuis nadat vermeende verregse aanvallers haar woonstel in 1989 gebombardeer het, en het in 1996 teruggekeer. Sy het die laaste deel van haar lewe in Amerika gewoon. Haar vriend en skrywer Herman Lategan, sê Allan het versoek haar as moet gestrooi word op plekke in Amerika wat sy gereeld besoek het.