Vakbondman: Staatsamptenare belangrik in Namibiese ekonomie

Die rol en belangrikheid van staatsdiens en staatsamptenare in die Namibiese ekonomie kan nie oorbeklemtoon word nie, volgens ‘n deurwinterde vakbondman. Dit is ‘n onbetwisbare feit dat staatsdiens die dryfkrag van ‘n land se pad na ontwikkeling is. Daar is nie ‘n enkele land in die wêreld wat kan beweer dat dit in staat was om sy ekonomie te ontwikkel, kwaliteit dienste aan sy mense te lewer en die lewenstandaarde van sy mense te verbeter sonder ‘n bekwame staatsdiens nie. Veteraan vakbondman Job Muniaro het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…