Dodetal styg na 31 in geweld in tronke in Equador

Die dodetal na ‘n vlaag geweld in Equador se tronke, het tot 31 gestyg, met 14 mense wat beseer is. Sowat 120 tronkbeamptes is bevry nadat hulle in ses tronke regoor die land as gyselaars aangehou is. Die regering het vroeër ‘n noodtoestand van 60 dae in die land se tronke afgekondig. Gevegte het tussen strydende bendes in ‘n tronk in Guayaquil uitgebreek. Minstens 2 700 soldate en polisiebeamptes is ontplooi om beheer oor die tronk terug te neem.