Wetenskaplikes waarsku oor ineenstorting van Golfstroom

Die Golfstroom-stelsel kan so gou as 2025 ineenstort. Volgens ‘n nuwe studie sal daar katastrofiese klimaatsimpakte wees sou die lewensbelangrike seestrome, wat deur wetenskaplikes die Atlantiese Meridionale Omslaansirkulasie genoem word, op hou funksioneer. Die stelsel was reeds op sy swakste in 1 600 jaar as gevolg van aardverwarming en navorsers het waarskuwingstekens van ‘n kantelpunt reeds in 2021 opgemerk. Die nuwe ontleding skat ‘n tydskaal vir die ineenstorting van tussen 2025 en 2095, met ‘n sentrale skatting van 2050, indien globale koolstofvrystellings nie verminder word nie. Professor Ben Kirtman, ‘n klimaatkenner by die Universiteit van Miami sê alle weerstelsels sal daadwerklik verander.