DA vaar ook uit teen voorgestelde wapenwet

Die voorgestelde wapenwet in Suid-Afrika is steeds in die nuus. Die DA sê hy bly gekant teen die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapen-beheer. Die party glo dit sal ‘n regstreekse uitwerking hê op die stryd teen geslagsgeweld. Die wetgewing bepaal dat selfverdediging verwyder word as geldige rede vir die besit van ‘n vuurwapen. Andrew Whitfield van die DA het op die party se vuurwapen-beraad gesê dit hou ook ‘n bedreiging vir die jagbedryf in: